Kolleges gesluit

Meer as 265 kolleges wat tegniese onderrig en opleiding landswyd verrig gaan vanaf 19 Januarie sluit weens onopgeloste sake met die Departement van Hoër onderwys en Opleiding.
‘n Verslag deur die Tesourie het getoon dat hierdie kolleges disfunksioneel is.
Skole, kolleges en universiteite se beheer en funksionering het sedert die ANC oorname in 1994 net een pad geken en dit is die afgrond in. Gesien in die lig van die groot aantal kundiges wat die land verlaat weens SEB en diskriminasie in die werkplek, is hierdie nuus nie goeie nuus vir die land nie. Die tekort aan ‘n opgeleide werkerskorps kan oor 5 tot 10 jaar die land finaal ruïneer.
Vryburger 19 Januarie 2017

 

 

Louis Rautenbach

Resensie – Sy lewe vir Sy liggaam

Neem ʼn reis saam met die apostels deur hulle lewens, oorwinnings en lyding. Ervaar die Heilige Gees se werking in hulle en wees ʼn getuie tot hulle wonderwerke en reise.

Word ingetrek in die Ou Testament met die voorspellings van Jesus se geboorte, Sy dood en opstanding, en sien die Bybel in ʼn maklike verstaanbare perspektief. Beleef die Apostels se vervolging deur hulle eie oë, en ondervind die vreugde en liefde wat hulle vir hul gemeentes gehad het.

Die skrywer slaag daarin om die gebeurtenisse en handelinge in die Bybelse tyd akkuraat en maklik verstaanbaar weer te gee. Die gebeure word vars en lewendig uitgelê en dit voel of mens deel word van die verhaal. Veral Paulus se lewe word op ʼn breedvoerige en maklike verstaanbare wyse uiteengesit. Sy lewe, van vervolger tot vervolgde, word effektief en suksesvol in storie vorm weergegee en aandag aan die fynste besonderhede word deurgaans verskaf.

Sy lewe vir Sy liggaam is ʼn insiggewende en akkurate reis na die donkerste uithoeke van die Apostels se stryd en opofferings, maar terselfdertyd ook n gedetailleerde weergawe van hulle oorwinnings en suksesse.

Definitief ʼn sukses verhaal en ʼn moet om te lees! Baie geluk met ʼn meesterstuk!

Drs. Frans en Sariet Nortje

Keerpunt berading netwerk

 

Download Name Play Size Duration
download Onderhoud-Louis-B-Rautenbach
8.5 MB 24:43 min

Onderwysers hou skool met vals grade

 

fals-kwalifikasieDie Departement van Basiese Onderwys het in ‘n verslag bekend gemaak dat meer as 20 onderwysers in onderwysposte diens doen met vervalste kwalifikasie dokumente.

Drie universiteite word uitgewys as sou meeste van die vervalste dokumente afkomstig wees van hulle nl. Universiteit Zululand, NoordWes Universiteit en Unisa.

Intussen is ook bekend gemaak dat 33 leerkragte geskrap is van die onderwysrol vir klagtes wat verband hou met oortredings van verkragting, verkoop van dwelms aan leerlinge, onsedelike aanranding van skoliere  en seksuele verhouding met leerlinge.

Vryburger November 16, 2016 

 

 

Fanie Cronje

 

 

     'n Humoristiese Kykie na die kwessie van korrupsie, kader ontplooiing en ander verwante aangeleenthede. Hoe dit eskaleer en gebruik en gedryf word deur verskeie belangrike rolspelers in die Suid Afrikaanse konteks. Ook 'n vergelyking van soortgelyke aksies/optredes in die verlede, maar ook hoe dit tans verskil en die omvang van hoe dit manifesteer.

 

Download Name Play Size Duration
download Fanie-Cronje-pie-pie5.mp3
7.4 MB 6:27 min
download Fanie-Cronje-pie-pie-6.mp3
6.3 MB 5:28 min
download Fanie-Cronje-pie-pie-4.mp3
7.5 MB 6:35 min
download Fanie-Cronje-3.mp3
9.9 MB 8:41 min
download Fanie-Cronje-2.mp3
9.4 MB 8:12 min

 

   
 

 

 

Skole se agterstand sal R98 miljoen kos

 

skool-brandMinister Angie Motshekga sê dat daar R98 miljoen benodig word om die nasionale skole infrastruktuur op standaard te kry.

Die Vrystaat, verre Noord-Transvaal en Oos-Kaap is die provinsies met die grootste nood.

Skole en instansies van hoër onderwys het ‘n bodemlose put geword wat geld verteer soos ‘n springkaanplaag. Niks word gemeld van skole wat afgebrand en vervang moet word nie. Geen woord of sin oor handboeke en studiemateriaal wat in store stof vergaar nie.  Geen woord oor spook amptenare en geskorste amptenare wat maandeliks geld “verdien” nie.

‘n Oud-onderwyskundige het aan Die Vryburger gesê dat voor 1994 die skole en universiteite plekke was waar onderrig plaasgevind het, waar doktors en sakelui gegradueer het.  Nou is dit ashope wat bemors word met menslike afval.  “Dalk moet daar maar skole onder die bome ‘gebou; word  wat nie afgebrand kan word nie,” sê sy.

Vryburger November 16, 2016 

 

 

Donate to Luistervink

Thank you for your donation.