Corrie se Woordkuns

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n Spesiale stukkie woordkuns vir jou

 

Met verwondering volg ek
die spikkels versiersuiker
aan die hemel blou,
My kinderoë volg die engeltjies
se verfkwassies laat namiddag aan die horison
Ek weet alles - ek weet niks

 

Ek kyk hoe die kabouters
soggens die blomme verf
hoe die donker aan die hemel wegsterf
Ek dartel deur die hemelruim
Stomgeslaan deur die hemelse tuin
Ek is alles - ek is niks

 

Ek sien die tyd deur die eeue verskiet
En alles verwyn in die niet
Die lewe is ‘n flikkering
in die ewigheid van tyd
So verstaan ek die eindelose som
Ek is stil en daar is geen hoekom
Ek weet alles - ek weet niks…….

 

@Corrie.

 

 

 

‘n Stukkie woordkuns net vir jou my spesiale Boetie.

 

Ek wens ek kon die maan
en sterre vir jou gaan haal
En dat ek slegs net geluk wat nimmer taan
en voorspoed oor jou kon laat neerdaal

Wanneer ek in jou oë kyk
Sien ek die vervloeë tye
wat ons heeltyd ontwyk
en oor ons altwee se harte lê daar diep snye

Ja ek wens ek kon die maan
en sterre vir jou gaan haal
En dat ek slegs net geluk wat nimmer taan

en voorspoed oor jou kon laat neer daal
@Corrie.

 

 

 

‘n Song vir Jana

Ek sien jou staan
Jou rug gedraai na die donkermaan
Die maanlig trippel spoorjies oor jou sagte wange
En uit jou oë vloei die strome van jou diepste verlange
Ek kry die glimps van jou grasieuese genadige siel
Ek sien jou streel oor die fyn blaartjies van ‘n alleen magrietjie in
die veld verniel
Die drome van die jongmeisie op jou sagte asem
jou toekoms gehul in ‘n sagte wasem
Jou drome huppel soos ‘n jong lammetjie tusssen die pienk en blou
wolkies in die son se ondergang
Die wind blaas ligte soentjies op jou wang
Het jy ooit gewis wat die toekoms hou?
het ook jou drome met jare verflou?
Jou oë streel met genoegdoening oor die perfekte blom gerangskik in ‘n
goue kom
Jy dien die harde selfsugtige mensdom met ‘n sagte hand waarom?
jou soet stem streel liefdevol menig gemoed
Jou sorg en omgee salf die gebroke hart so soet
Hoe sê mens dankie vir so suiwer liefdevolle siel?
Hoe sê mens dankie vir Jou pryslose gawes vir almal deur die lewe verniel?
Is daar vir jou pêrels vir jou gemoed, en ‘n bietjie liefde teer en soet?
Is daar vir jou ‘n sagte sorgsame hand wanneer jy gedaan en met pyn
jou weg deur baan deur die donker newels van die slaap jou rus inboet?
Verstaan iemand jou diepste innerlike smart?
Jou siel soos die narsingsblom van die hart
Jy is so asemrowend mooi ,

Jou siel in die ewige lig getooi!!

@Corrie

 

 

 

Die sneeuflokkies maak rondomtalies
deur die koue lug en my liefde streel 
my hart se tralies

in my gedagtes maal Guthe se woorde-
Ich furchte nichts, nichts als die ende deiner liebe

Dis was asof koue vingers my hart omvou
Die tekens het aanhoudend op bly bou
Vurig binne my brand al die onthou

Jy het vergeet maar ek bly immer onthou
Die pyn bly in my hart ingebrand
Jou soene steeds brandend in my nek
Jy het aangegaan en ek bly die gek

Dink jy ooit aan ons tye saam
Ons was nog so jonk en ek so verward

Pyn en smart het my laat rebel
my kop en hart brand in ‘n ewige hel

My trane lê op my lippe so sout
En my hart voel sonder jou so koud

Leeg is my lewe in een terugblik

Die diepe leed laat my verstik.

@Corrie.

 

 

 

Boerseun deur Corrie Slabbert 15 Januarie 2004

As jy nie grensoorlog beleef het nie sal jy dalk nie alles mooi verstaan nie. Dit die tyd waarin ons jong mans wat toe nog net maar seuns was opgeroep is om diensplig te doen en op die lands grense vir Volk en Vaderland te veg.
Ons Meisies en vrouens was by die huis en nes ek die het die wag tyd ervaar - die wag vir daai brief, - die wag en die verlange om net maar weer aan hom te kan raak en in sy oë te kan kyk,- en die daaglikse onophoudelik gebid - dat die Vader tog net sy hand oor hom sal hou en hom weer veilig huis toe sal laat kom.
daar is baie wat vermink huistoe gekom het en baie - wat nie huistoe gekom het nie.
-al hierdie herhinneringe lë bloot as ek na my man kyk - wat daardeur is en daardeur getraumatiseer is en ek glo almal is daardeur getraumatiseer.
In sy groot vorse lyf klop daar ‘n baie sagte hart, -
hy is ‘n boerseun wat op die plaas groot geword het en geboer het
en alles verloor het - weens aanhoudende droogtes.
en
ek het die gedig vir hom geskryf en ek weet dat daar baie is wat hulself daarmee kan vereenselwig.

Ek noem dit Boerseun

Ek kyk in jou oë Boerseun vors en sterk
Plat en dof lê moedeloosheid in jou durf en trots se plek.

Jare se veg, skok en hartseer - nodeloos deur ‘n man- met een woord versmaai,
Jou moed en durf lê tussen lansgrense verwaai
Harte verdwaas van alle durf gestroop -
Jou makkers - lewend, vermink sonder hoop
vir ewig geskend en verlam - dit blyk alles verniet.
Die onskuldige kind - was jy, - het verdwyn in die niet.

‘n Nuwe geslag - onbewus van al die vrees, pyn en lyding in die vreemde,
Toegespin in een leuen reikend na ‘n onbereikbare leemte.

Jy sê julle mag nie praat
Maar ek weet - dat dit tog nie nou meer baat

Snags wanneer die gevaar gedreig het - en jou hart laat klop het in ‘n bang donker verdriet,
Het jy ooit vermoed - dat dit alles sou vedwyn het in die niet?

Vergete is alles waarvoor julle met trots gestaan het,- nou in ‘n leuen getooi
En Verminkte lyke lê steeds in die vreemde verstrooi .

Ek kyk in jou oë - en sien die kind wat jy was - wreed van onskuld gestroop,
Wyl menig moederhart steeds stukkend bly ween - sonder hoop.

Honger en koud in die reën - het jy vir ons geboet,
Wat kan ek doen… - dat hitte weer kolk in jou bloed?
Ek sien die onmag en hartseer - in my - in jou oë - so blou
Wanneer jy my vertel van die droogte - en hoe hoop - op oeste verflou
Julle harde arbeid als verniet
terwyl julle gebede - na die Allerhoogste ..- opskiet

Ek hoor die skrynende verlange in jou stem
En ek voel saam - in jou hart - die koue lem
Ek hoor - hoe julle alles verloor het - aan die Landbank
En die prys in jou stem - wanneer jy Hom - vir my bedank

Ek luister - hoe jou Neef gestik het in sy eie bloed
terwyl hulle om hom sit - en hulself verlustig - in sy swaar verdiende goed
ek hoor die onbedekte haat..
terwyl alle gevoel jou oë verlaat.

Jy vra:
“ Waar is eendrag maak mag,
het die geskiedenis hom herhaal, het Retief - en ‘n menigte daarna,- verniet gesterf,
Hoe kan jy vertrou - as slingsheid - in mooi woorde getooi - bly swerf?

Hoe gebeur dit - dat hulle onskudiges- soos diere slag
Terwyl hul - om die lyke staan - en lag ? “
Ek vra:
“ Wat sal dit kos- dat jy weer opstaan, jou Volk het jou nodig?
Waar is die leeu - wat in jou are druis,
die durf - wat jou blou oë- sterk laat skitter?

Ek vat aan jou groot harde lyf - en kreet woordeloos -
”Bid soos by bloedrivier van ouds,- vat jou Taal - en Volk - en staan op!
Stop die adder wat die jeug verlei!
stop die angs wat jou Volk versprei!
Boerseun - staan op, laat die Here jou lei !
laat die durf en geloof - in algar weer gedy!

Boerseun staan op!!!!!!!!!!!!!!!

@Corrie.

 

 

 

 

My hipotalamus krimp en rek en strek

Logika, rede en alles uit gedoof bedek

Die dentriete en neurone in ‘n benewelde dans

Half versuip met adrenalien en noradrenalien

Met ‘n wete daar is nie ‘n halwe kans…..?

My versugting is om alles deur jou oë te sien……

Met verwondering draai en draai my sinne verstrengel in die groene lower

vasgevang in die nimmer eindigende ewige baan

Deur die sinapse en energie van jou wêreld betower

Jy is die aarde en ek is jou maan

 

Oral waar ek is – sien..... hoor.... en voel ek jou
Ek luister na die wind... en hoor jou sagte fluister
Ek kyk na die maan.... en sien jou silhouette daar staan
Ek hoor jou getrippel.... in die reën
In die verste ster.... sien ek jou vir my wink

As ek my kop soggens by die venster uitsteek is jy daar, 
Ek sien jou skalkse glimlag...... in elke sonnestraal
Ek proe jou sagte lippe..... op my mond as ek my eerste koffie drink
Ek ruik jou vars lyf...... na die eerste druppels reën

Snags knipoog jy vir my.... met elke flikkerende ster

Ek kan dit nie verduur dat ons liefde dalk ooit mag taan
Jy is die aarde en ek jou maan!
@Corrie

 

 

 

Donate to Luistervink

Thank you for your donation.